Die Reëls

    1. Slegs foto’s wat met ’n slimfoon of tablet geneem is, sal toegelaat word. Foto’s van digitale kameras word nie toegelaat nie. Fotometadata sal gekontroleer word om aan die inskrywingskriteria te voldoen.
    2. Persone van alle ouderdomme wat in Suid-Afrika woon, is welkom om foto’s in te stuur. Wenners moet bewys kan lewer van hul identiteit op die South African Mobile Photo Awards-aansoekvorm.
    3. Met registrasie en inskrywing vir die South African Mobile Photo Awards, aanvaar die inskrywer die bepalings en voorwaardes sodat die South African Mobile Photo Awards verlof tot toegang tot ’n deelnemer se registrasie-inligting het.
    4. Alle inskrywing moet via die aflaaimodule op die webblad wat deur die South African Mobile Photo Awards geborg is, voorgelê word.
    5. Deelnemers moet kan verklaar dat alle voorgelegde foto’s geneem of geredigeer is (geprosesseer deur middel van foon-toeps) of anders geskep met enige en alle bekende selfone en tablettoestelle. Geen lessenaarrekenaar-programmatuur word toegelaat nie. Inskrywings wat nie hieraan voldoen nie, sal gediskwalifiseer word. 
    6. Deelnemers moet verklaar dat hulle die reg of outoriteit het om hul foto’s aan die South African Mobile Photo Awards voor te lê en dat die foto’s wat hul indien, hul eie oorspronklike werk is en nie enige kopieregte, enige ander regte of derdepartyregte oortree nie.
    7. Deelnemers sal nie die South African Mobile Photo Awards en hul onderskeie bestuur, regters, moedermaatskappye, agente, borge, handelaars en affiliate enigsins verantwoordelik hou vir skade berokken ten opsigte van enige en alle eise van aanspreeklikheid wat uit die deelnemer se inskrywing mag vloei nie.
    8. Deelnemer verleen verlof aan die South African Mobile Photo Awards en hul onderskeie bestuur, moedermaatskappye, agente, borge, handelaars, vennote en affiliate om enige voorgelegde foto’s vir bemarkingsdoeleindes te gebruik.
    9. Die deelnemer behou 100% van die kopiereg van hul foto’s.
    10. Met deelname word toestemming verleen om die inskrywer se naam en portretfoto vir bemarking en publisiteit te gebruik.
    11. The South African Mobile Photo Awards behou hom die reg voor om hierdie reëls redelikerwys te verander ingevolge standaardaardprosedures wat vir soortgelyk kompetisies en galeryuitstallings geld.
    12. Om deel te neem moet jou foto afgelaai word by www.mobilephotoawards.co.za
    13. Foto’s mag nie groter as 50 MB wees.
    14. Deelnemers moet in staat wees om die oorspronklike hoëresolusiefoto op versoek te verskaf. 
    15. Daar is geen beperking op die tyd of datum wanneer die foto geneem is nie.
    16. Deelnemers mag in soveel kategorieë inskryf soos hulle wil, maar hulle mag egter nie dieselfde foto(s) in meer as een kategorie inskryf nie en ’n maksimum van vyf foto’s per kategorie word toegelaat.
    17. Deelnemers moet kan waarborg dat hul inskrywings nie enige van die volgende uitbeeld nie: oortreding, dreigement(e), teistering, laster, karakterskending, vulgariteit, obseniteit, aanstootlikheid, opruierigheid, pornografie of profaniteit uitbeeld nie.   
    18. Elke inskrywing mag nie kopiereg, handelsname, kontrakregte of enige ander intellektuele eiendomsregte of enige derdeparty of entiteit skend of enige persoon se regte tot privaatheid op publisiteit minag nie.
    19. Die inskrywing sluit nie handelsmerke in wat besit word deur derdepartye of kopieregmateriaal wat besit word deur derdepartye nie (Dit sluit rolprentdialoog of musikale komposisies in).
    20. Die inskrywing mag geen kommersiële inhoud bevat wat enige produk bemark nie.
    21. Geen diere mag in die maak van die foto beseer of gemanipuleer word nie.
    22. The South African Mobile Photo Awards sal die wenners van die kompetisie elektronies in kennis stel.
    23. Die besluit van die The South African Mobile Photo Awards-beoordelingspaneel is finaal en geen onderhandelings sal plaasvind nie.
    24. Beoordeling sal plaasvind op grond van die portfolio van werk wat in elke kategorie voorgelê word. Die South African Mobile Photo Awards en die beoordelaars behou die reg om enige inskrywing wat nie voldoen aan die kriteria soos in die bepalings en voorwaardes uiteengesit is nie, te verwyder.
    25. Die South African Mobile Photo Awards het ook ’n aanlyn beoordelingsproses waar mense vir hul gunstelingfoto kan stem. Enige manipulasie van hierdie proses sal diskwalifikasie tot gevolg hê.
    26. Deelnemers gee hul toestemming vir deelname aan verwante publisiteit en die gebruik van hul name en beeld vir die doel van bemarking sonder vergoeding op sosiale media soos Facebook en Instagram.
    27. Die South African Mobile Photo Awards bevestig voorts dat hulle alle inligting van deelnemers sal versamel, versprei en gestoor word ingevolge die nodige wetgewing en regulatories voorskrifte